Short description
In ’n miljoenêrsbuurt van Stellenbosch loop ’n huisroof skeef. Die slagoffer se vernielde lyk word deur haar kinders ontdek. Kaptein Beeslaar, op besoek aan dié pragtige dorp, word teen sy sin by die ondersoek betrek. Vyftienhonderd kilometer noord van Beeslaar moet sersant Johannes Ghaap in Soweto gaan soek na ’n vrou en haar kind wat tydens ’n motorkaping ontvoer is en iewers in hierdie vreemde plek van miljoene sink- en bokshuisies aangehou word . . .
Long description
In ’n miljoenêrsbuurt van Stellenbosch loop ’n huisroof skeef. Die slagoffer, ’n aantreklike rooikopvrou, se vernielde lyk word deur haar kinders ontdek.Kaptein Albertus Markus Beeslaar, op besoek aan dié pragtige Bolandse dorp van gewels, geld en wyn, word teen sy sin by die ondersoek betrek. Saam met die formidabele kaptein Vuyokazi Quebeka word elke kultuur- en geldklip op dié dorp omgedop op soek na die moordenaar.Vyftienhonderd kilometer noord van Beeslaar beland sersant Johannes Ghaap in Soweto, ’n lewensgevaarlike plek vir buitestanders – soos Ghaap. Maar daar is nie tyd om behoorlik ingebreek te raak nie, want Ghaap moet gaan soek na ’n vrou en haar kind wat tydens ’n motorkaping ontvoer is en iewers in hierdie vreemde plek van miljoene sink- en bokshuisies aangehou word.In die proses moet The Father aangedurf word – ’n man met so ’n wrede reputasie dat die meeste mense glo hy is bloot ’n urban legend . . .
Customer reviews & ratings
Write a review for this product.
Rate this product.

Onse vaders
Reviewed by ZENOBIA from Springs Gauteng South Africa on 04 February 2013
Excellent book.
Was this review helpful?

e boeke
Reviewed by Lizl from Riebeek Wes on 11 December 2012
Geniet boeke baie
Was this review helpful?

Onse Vaders
Reviewed by Marietjie on 01 December 2012
Really well written!
Was this review helpful?
See more reviews

Onse Vaders
Reviewed by Anne-Mari from South Africa on 22 November 2012
Dit is 'n absolute briljante boek - Ek is mal oor die skryfstyl en het die boek regtig geniet.
Was this review helpful?

onse vaders
Reviewed by BEN on 07 December 2012
baie god geskryf
Was this review helpful?