Dis 'n hartsding en 'n sielsding. Lééf met hart & siel is vir die moderne Afrikaanse vrou wat die lewe vier en met oorgawe leef. Sy vind vreugde en sterkte in haar eiewaarde, haar gesin, haar gemeenskap en haar geloof. Dié nuwe tydskrif bied opbouende artikels en goedvoelstories wat die leser nooit onaangeraak sal laat nie. Daar is sielskos, dag-tot-dag skoonheid en mode, artikels oor families, gesondheidsake, geldsake, hartsplekke om heen te reis, koesterverhale, 'n blokraaisel en nog vele meer om jou in te verlustig. Lééf — met hart & siel is nou te koop.