Short description
Dis die jaar 2038, en die eeufeesviering van die Voortrekker Monument word gehou. Van heinde en verre word Afrikaans sprekendes ingebus om die aangeleentheid by te woon; en almal wat nog nie ge-emigreer het nie, daag op! Izak Taljaard van die gewilde sepie Binnelanders op M-Net beter bekend as Jimmy Hattingh die joernalis is tans te sien in hierdie splinternuwe Afrikaanse produksie! Izak was ook te sien in die volgende televisie produksies:
“Snitch”, “7de laan” en “Hart van Staal”. Kom onthou, herleef, op musikale wyse, hoogtepunte uit die skatkis van Afrikaanse musiek , op ‘n manier wat jy nog nie vantevore ervaar het nie en onthou weer hoekom Afrikaners plesierig is!