Carike En Ghoempie In Kinderland

Subtitle:
Volume 3
Artist(s):
Carike Keuzenkamp
Format:
DVD
Average customer rating:
 (Reviews)

Was:R65.95
Now:R59.95
eBucks:eB600
Delivery:
Next working day in SA main centers if ordered weekdays before 12h00
Seller:
kalahari.com

Carike En Ghoempie In Kinderland

Long description

Volgende jaar vier Carike Keuzenkamp 40 suksevolle jare in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Vir Suid-Afrikaners is sy die vriendelike sangeres, TV persoonlikheid en voormalige burgemeestersvrou van Randburg. Vir haar familie is sy ma en ouma en vir haar jong aanhangers is sy die vriendelike tannie wat hulle vermaak met die lekkerste kinderliedjies nog!

Carike se KINDERLAND albums en DVD's is ongelooflik gewild en word deur oud en jonk geniet - haar kinderland uitreikings het tot op datum of goue of platinum status bereik. Vanjaar word 'n splinternuwe kinderkarakter saam met die uitreiking van haar derde kinderland DVD bekendgestel….Ghoempie!

Ghoempie is 'n nuwe karakter wat sommer baie gou diep in almal se harte gaan inkruip. Op gesels en kuier Carike en Ghoempie spontaan saam, terwyl die gewildste musiekvideos tussenin speel. En ja, elke musiekvideo is ook leersaam vir kleinboet en sus, so sonder dat hulle dit besef.

”MacDonald” leer diere geluide, "Die Tandarts vertel van “skoon” tande, die juffrou sing van huiswerk in "O Die Huiswerk" en "Wees Nie Bang Vir Donker" help boet en sus om volgende keer bietjie meer dapper te wees, wanneer mamma of pappa die kamerlig afskakel en dit maar net enkele voorbeelde. Natuurlik het Ghoempie sy eie temaliedjie - nog meer lekkerkry vermaak vir elke kleuter en ouer!

Product details

Label:
Vat 5 Musiek
Product code:
DVAT6178
Duration:
45

Tracks

Disc 1

   1.  Ghoempie  
   2.  Die Poutjie  
   3.  Brandweerman  
   4.  Old Mac Donald  
   5.  Tik Tok  
   6.  Pink Toothbrush  
   7.  Tandarts  
   8.  Ek Is Klompie-Klomp  
   9.  O, Die Huiswerk  
   10.  How Much Is That Doggie In The Window?  
   11.  Die Padda  
   12.  Feëtjieland  
   13.  Dorstyd  
   14.  Almal Trap 'n Spoor  
   15.  Wees Nie Bang Vir Die Donker  

Other products to consider

Spud – Learning to fly
Spud – Learning to fly

Author:
John Van De Ruit
Now R117.95
(eB 1180)
Harry Potter and the Order of the Phoenix
Harry Potter and the Order of the Phoenix

Author:
J. K. Rowling
Was R256.95
Now R215.95
(eB 2160)
Mamma Mia!
Mamma Mia!

Actor:
Amanda Seyfried; Christine Baranski; Colin Firth; Dominic Cooper; Julie Walters; Meryl Streep; Pierce Brosnan; Stellan Skarsgard
Now R65.95
(eB 660)
The Twilight Saga 4: Breaking Dawn
The Twilight Saga 4: Breaking Dawn

Author:
Stephenie Meyer
Now R198.95
(eB 1990)

Customer reviews & ratings

Write a review for this product.

Rate this product.

 

  Verslawend...
Reviewed by Mev Frances Bredenkamp from Pretoria on 09 March 2007
3028 of 6133 people found the following review helpful:

My seuntjie het nr.1 en kon nie wag vir nr.2 nie. (Hy was toe nog nie 'n jaar nie.) Ons besluit toe om nr. 3 dadelik te koop wanneer dit sou vrygestel word en wraggies... die laaste snit is 'n gospel liedjie. "Wees nie bang vir die donker" het 'n aansteeklike wysie in ons huishouding geword- Puik Carike! Die DVD het ook 'n funksie of jy slegs liedjies wil sien en of jy Carike en Ghoempie se lag en praat tussen-in wil by-hê. Vir babas werk slegs musiek beter, aangesien dit hul konsentrasie langer hou. Hierdie DVD is bietjie korter as die vorige 2, maar beslis die moeite werd om aan te skaf.

Was this review helpful?    

Buy this product

Carike En Ghoempie In Kinderland

Carike En Ghoempie In Kinderland

Was:R65.95
Now:R59.95
eBucks:eB600
The basket has moved
 
Free delivery on orders over R250 *
 
Sign-up for weekly newsletter
 
My wishlists
Your wishlist is empty
Earn with Visa Premium
 
eBucks
 
m.kalahari.com