Volgende jaar vier
Carike Keuzenkamp 40 suksevolle jare in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Vir Suid-Afrikaners is sy die vriendelike sangeres,
TV persoonlikheid en voormalige burgemeestersvrou van Randburg. Vir haar familie is sy ma en ouma en vir haar jong aanhangers is sy die vriendelike tannie wat hulle
vermaak met die lekkerste kinderliedjies nog!
Carike se KINDERLAND albums en DVD's is ongelooflik gewild en word deur oud en jonk geniet - haar kinderland uitreikings het tot op datum of goue of platinum status bereik. Vanjaar word 'n splinternuwe kinderkarakter saam met die uitreiking van haar derde kinderland DVD bekendgestel….Ghoempie!
Ghoempie is 'n nuwe karakter wat sommer baie gou diep in almal se harte gaan inkruip.
Op gesels en kuier Carike en Ghoempie spontaan saam, terwyl die gewildste musiekvideos tussenin speel. En ja, elke musiekvideo is ook leersaam vir
kleinboet en sus, so sonder dat hulle dit besef.
”MacDonald” leer diere geluide, "Die Tandarts vertel van “skoon” tande, die juffrou sing van
huiswerk in "O Die Huiswerk" en "Wees Nie Bang Vir Donker" help boet en sus om volgende keer bietjie meer dapper te wees, wanneer mamma of pappa die kamerlig afskakel en dit maar net enkele voorbeelde. Natuurlik het Ghoempie sy eie temaliedjie - nog meer lekkerkry vermaak vir elke kleuter en ouer!