Deur die jare heen was daar ’n aantal liedjies wat, afgesien van sy reusetreffers, ook onder Bles se persoonlike gunstelinge getel het. Vir bykans 30 jaar het Bles op die verhoog en TV opgetree en sy toptreffers gesing wat deurentyd op langspelers, kassetbande en CD beskikbaar was. Nou is dit my voorreg om ook ander liedjies wat hom na aan die hart gelê het op hierde gedenkalbum in te sluit. Dit is afkomstig van albums wat vanaf 1984 tot 1999 opgeneem is plus sy heel laaste opname ‘Our first kiss goodnight’ wat hy en Patricia Lewis drie dae voor sy heengaan voltooi het. – Leonie Bridges
- Huldeblyke deur Lance James en André Viljoen op CD-insetsel