Die naam Bobby Angel is vandag steeds sinoniem met Country musiek in Suid-Afrika. Hierdie talentvolle veteraan-sanger handhaaf 'n besige toerprogram en dit is veral sy optredes saam met Steve Hofmeyr (Toeka) wat musiekliefhebbers van voor af in Bobby Angel laat belang stel het.
DON'T FORGET TO REMEMBER bevat 'n verskeidenheid klassieke snitte wat Bobby Angel sy eie gemaak het.
"Are You Lonesome Tonight", "Strangers in the Night "en "My Way" is 'n paar van die opnames wat op die album uitstaan en soos die titel na verwys: Moenie die treffers van gister vergeet nie.