Wanneer drie sangers byeenkom, is daar nie noodwendig altyd ’n goeie harmoniese samesmelting van hulle stemme nie – ongeag hoe goed hulle mag sing. Miskien is ons net gelukkig. Miskien strek dit verder as musiek. Ek glo dit het ook te make met visie, dieselfde ondernemingsgees en bowenal – vriendskap. Almal vir een en een vir almal. – Danie Niehaus
Platinum, wat voorwaar die talente van Drie van die bestes, naamlik Danie Niehaus, Mathys Roets en Kevin Leo, op een album aanbied, is gedeeltelik opgeneem in Joost van der Westhuizen, voormalige SA Springbok-rugbykaptein, se gym. Die verwerking en produksie is gedoen deur Alli Heyns. Ander musikante wat meegewerk het aan hierdie album, is Mauritz Lotz, Denny Lallouette en Danny Antill.