Na die sukses van nog een van Jurie Els se gospel albums EK BID, wat vroeër vanjaar uitgereik is en steeds baie goed vaar, word drie van sy vorige uitreikings, EK HOOR AS U ROEP, K-K-KYK NA MY en VERBLY JOU IN DIE HERE op publieke aanvraag heruitgereik.
EK HOOR AS U ROEP en K-K-KYK NA MY het albei goue status behaal, terwyl VERBLY JOU IN DIE HERE byna goue status behaal het. Tot dusver het Jurie ook reeds ongeveer 400 000 van sy onderskeie albums verkoop.