Die eerste Goggatjie DVD is uiteindelik hier! Die ‘Goggatjie se Kinderliedjies DVD’ gee vir die eerste keer LEWE aan Goggatjie met 35 minute se voetstamp, opvoedkundige liedjies van die treffer CD: ‘Goggatjie se Kinderliedjies’.
Met elke liedjie, beeld Goggatjie en sy goeie vriende Erika, Nàthin en Bianca ‘n toneeljie uit, sodat die kinders belangrike lewensvaardighede kan leer op ‘n genotvolle manier – soos om hande te was en om jou land skoon te hou.
Daar is ook die opsie om subtitels aan te sit sodat die kinders kan leer om te lees terwyl hulle sing en dans.
Die Goggatjie se Kinderliedjies DVD is propvol energie en kleur. Dit is soos geen ander Afrikaanse Kinder DVD op die mark. Die kinders sal mal wees daaroor!