Short description
Dié Vrystaatse boerseun met die bekoorlike rasperstem keer terug met sy langverwagte nuwe album, en hy het nog niks van sy seunsagtige sjarme verloor nie. Hierdie keer vergas hy ons met lirieke oor enigeiets van lamppale tot gebreekte harte. Die humor is skérp en hier en daar bietjie gekrui, maar altyd met die tong in die kies.