Short description
Die album bevat 16 liedjies, waarvan 13 deur Strydom geskryf is. Getrou aan Strydom tradisie,is daar sosiale kommentaar, ballades oor die lewe, die liefde, n goeie skeut nostalgie en die verganklikheid. n Verrassing op die album is haar duet met Stef Bos van haar lied My Kamer, wat verlede jaar met groot sukses in Nederland op n solo CD vrygestel is. Strydom sing op hierdie album in Afrikaans, Engels, Zoeloe en Nederlands. Die liedjies is oor n tydperk van vyf jaar geskryf.Janine Neethling, Strydom se musikale regisseur van die afgelope tien jaar, het die liedjies saam met Strydom gekomponeer,die verwerkings gedoen en was ook die vervaardiger van die ateljee opnames. Strydom het op hierdie CD gewerk met haar toegewyde span musikante Janine Neethling