Short description
Hannes Schoeman is wel bekend vir sy suiwer Tradisionele Boeremusiek opnames. Hier speel hy die Boerekonsertina, sowel as die Wheatstone konsertina. Hierdie opname maak gebruik van akoustiese instrumente; kontrabas, 'n serfyntjie, akoustiese kitaars, en die konsertina. Die CD sluit in van Hannes se eie komposisies, sowel as bekende liedjies van Japie Laubscher, Willie Fourie en tradisioneles.