Long description
Nicholis Louw - Afrikaans se opwindendste popsensasie in jare! En veelsydig is die mannetjie beslis - hy blink uit in polspop, poprock en smeul in romantiese ballades. En nou kry sy bewonderaars 'n splinternuwe trefferalbum: Rock Daai Lyfie (met 19 snitte) - ontwikkel uit 'n elektroniese selfoonluitoon nogal! Op dié album bied hy gewilde stoompop, aggressiewer poprock en sy eiesoortige interpretasies van immergroen musikale juwele. Die album bevat ook vier bonussnitte. Dit is Nicholas Louw soos hy hom nog nooit voorheen gehoor het nie! Komaan ... Rock daai lyfie!