Die naam "Bobby Angel" is vandag steeds sinoniem met Country musiek in Suid-Afrika. Hierdie talentvolle veteraan-sanger handhaaf 'n besige toerprogram en dit is veral sy optredes saam met Steve Hofmeyr (Toeka) wat musiekliefhebbers van voor af in Bobby Angel laat belang stel het.
Met THE COLLECTION verras Bobby Angel sy bewonderaars met 'n versameling ou gunstelinge soos "Green Eyed Angel", "T'rug by my Mense", "Rose Garden", "Rainbows and Roses", "Die Wals van die Lewe", "Radio Dancing", "Country Roads" en "Two Cowboys".