Tjailatyd is Theuns Jordaan op sy beste. Hy skop af met lekker langarm skoffel nommertjies, maar dis met die stadiger melodieë wat sy moerkoffie stem jou hart laat krummel soos boerbeskuit. Luister uit vir die Steve Hofmeyr gedig Gesiggie wat Theuns 'n wysie gegee het. Plesierige luister- en wikkelnommertjies waarmee jy die langpad kan vat!