Short description
Koos du Plessis (1945 – 1984) se pennevruggies sal nooit oud word nie … en hulle is eg Afrikaans, maar tog universeel. Sy lirieke is vol raakvat-vergelykings en beelde wat hy nostalgies en sonder pretensie in sy donkerbruinstem voordra. Hierdie driekuns van Koos gaan kort duskant Africana eindig. Geniet en bewaar dit – dis onvervangbaar.