Short description
Kos en geselligheid op 'n bekende plaas in die Overberg - 'n fees vir die oog en 'n inspirasie om self heerlik fees te vier. Halfaampieskraal, op die stowwerige Overbergpad deur die graanlande van die Suidwes-Kaap, is 'n tweehonderd-en-vyftig jaar oue pla
Long description
Kos en geselligheid op 'n bekende plaas in die Overberg - 'n fees vir die oog en 'n inspirasie om self heerlik fees te vier. Halfaampieskraal, op die stowwerige Overbergpad deur die graanlande van die Suidwes-Kaap, is 'n tweehonderd-en-vyftig jaar oue plaas waarop vandag nog geboer word. Die jonger generasie het die ou skuur en stalle omskep in gastekamers en die Kubaans-geinspireerde Club Havana geskep. Wanneer daar 'n rooi ster op die plaas se naambord is, weet die bure daar word feesgevier. Halfaampieskraal vier fees nooi jou uit om aan te sit by 'n lang plaastafel vir 'n fees met kos, dekor en stories oor die plaaslewe en partytjies.