Short description
Hierdie positiewe verhaal van een vrou se stryd om haarself van die verlede te bevry, en die impak daarvan op die klein vissersdorpie waar sy woon, wys dat geloof berge kan versit, of tot niet kan maak.
Long description
Wanneer die kleremaakster, Klara haar pa en haar verloofde aan die see afgee, besluit sy dat sy die oseaan nooit weer wil sien nie. Sy bou haar huis agter 'n groot sandduin, en weier selfs om vis te eet. Verskeie jare later ontvang sy egter nuus wat haar laat besluit om die duin te verskuit, emmervol by emmervol. Dit blyk dat haar verloofde leef, en dat hy die laaste ses jaar in Kaapstad woon. Hy het weggeloop omdat hy 'n plaaslike meisie swanger gemaak het - 'n swangerskap toegeskryf aan die plaaslike onderwyser. Soos die dorpsbewoners toekyk hoe Klara die duin verskuif begin hulle hul eie lewens ondersoek. Die hele gemeenskap ondergaan wonderbaarlike vernuwing.
Customer reviews & ratings
Write a review for this product.
Rate this product.

Katinka Heyns mag nooit ophou flieks maak nie!
Reviewed by Lize on 13 December 2012
3 of 7 people found the following review helpful:
Nog voordat die titel op die skerm verskyn, loop my trane al - elke keer wat ek hierdie ongelooflike fliek kyk! Almal van ons het sandduine in ons lewe wat ons op 'n kol moet of wil wegsleep - of dit 'n verlore liefde is, soos Klara s'n, en of dit 'n opmerking is wat jou heeltemal van jou selfvertroue beroof het. Klara betrek onbedoeld die hele dorp om haar duin weg te sleep sodat elkeen op sy eie manier weer kaalvoet op die sand kan dans en die see kan sien! Dankie, Katinka Heyns, dankie!
Was this review helpful?