Hierdie sokkerboek bestaan uit 144 bladsye met aktiwiteite en inkleurprente. Daar is kleurkodes vir die verskillende kleure kryte en sodoende kan die embleme en landsvlae van die verskillende lande wat gaan deelneem aan die Wêreldbeker sokker korrek ingekleur word.
Leer ook van Suid-Afrika se Fauna, Flora, Geskiedenis, Aardrykskunde, Kultuur, Politiek, Tale, Sport, Weerkunde, Landbou, Mynbou, Seelewe, Nasionale embleme, Toeriste-attraksies, Sokker (reëls, tegnieke, trivia) Wêreld (tale en embleme).
Volgens die Nasionale Kurrikulum vereistes. - Maklik om te gebruik. - Leerders geniet dit. - Kan in groepe gebruik word. - Instruksies is eenvoudig en duidelik.genoeg vir die primêre skool leerder om te verstaan.
Die boek dra by tot die ontwikkeling van die volgende in die kind:
Geletterdheid
Syfergeletterdheid en lewensvaardighede insluitend Visuele perseptuele vaardighede
Visuele diskriminasie
Visuele konstantheid
Visuele geheue
Visuele sluiting
Voorgrond
dAgtergrond persepsie en Ruimtelike verhoudings.
Handskrifvaardighede