Out of stock

Nils Holgerson

Subtitle:
Episode 26 - 30
Format:
DVD

Out of stock

  • Pintrest

Long description

Nils, die boerseun, terg die diere op die plaas en nadat die duiwel hom in 'n dwergie verander het om hom te straf, neem die diere wraak. Akka, die wildegaans, ontferm haar oor Nils, en hy vlieg op haar rug na fie suide. Nils en Akka word vriende op die reis en nadat hy sy les geleer het, keer hy terug na normaal.

26. Die Vreeslike Vloed

Die sneeu smelt ook in die noorde, en Smirre beplan weer 'n skelmstreek om Nils te vang. Die wilde ganse besoek weer die swane en terg vir Martin en hy word kwaad. 'n Bakleiery ontstaan en Nils gaan soek vir Agar, die boodskapper en hulle besef dat dit Smirre was wat kwaad gesteek het. Die swan eiers wat gered is, begin uitbroei en almal is baie gelukkig.

27. Die Raaf Se Geheim

Bataki, die kraai vlieg oor Fallun en hy vlieg in die houthuis, maar die deur slaan skielik toe agter hom. Bataki versoek die swaeltjies om vir Nils te roep. Nils en Krumel sak af in die skoorsteun en Bataki vertel hom van die reus en die berg van koper. Bataki gebruik toe die gat wat Nils gemaak het in die hout om te ontsnap en Nils het gedink Bataki sal hom vertel van die koperskatte.

28. Die Smid Van Dallana

Nils, Krumel en Martin vlieg oor mense wat feesvier en Akka stem in dat die kraaie vir Nils soontoe neem. Die kinders speel en die grofsmede hou kompetisie. Dit gebeur toe dat die twee strekste en vinnigste grofsmede die perde se hoewe agterstevoor aangesit het.

29. Donsveertjie Se Tuiskoms

Hulle vlieg in mooi weer verder en Donsveertjie verlang huistoe en Akka besef dat hulle 'n nes wil bou in Lapland. Hulle gaan groet haar ouers en die jaloerse susters wil Martin vergiftig. Martin is ongelukkig, maar wen die geveg tussen hom en die visarend. Donsveertjie se pa is beindruk met Martin.

30. Die Waghond

Nils en Krumel loop deur die vallei waar die wilde ganse geland het. Daar was genoeg vrugte om te eet maar Smirre jaag hulle tot by die plaashuis. Smirre loop op en af voor die vasgemaakte hond en beledig hom. Nils het die hond se ketting losgemaak en Smirre word verjaag tot in die watergat. Toe hy bo die water verskyn vir asem, bind Nils die leiband om Smirre se nek.

Product details

Zone:
Region 2
Rating:
All

Customer reviews & ratings